Newsletter 138     June 2010            

Previous Run. Wacky Wine Festival. Robertson

Christo laat weet dat hy en Sandra verlof gekry het vir Vrydag en dat die 2 van hulle, met Kotze en Nicolene op tou, al vroeg deur ry Robertson toe. Anton vra toe ook of hy die Vrydag verlof kan kry by die werk en, no problem, Bobs your uncle en ons spreek af om die family by Christo se huis in Goodwood te ontmoet. 11.10 vm ry ons met die Nissan uit Melkbos weg, maak die petroltenk vol en vat die pad. Christo vat die voortou en ons eerste pitstop is Worcester One Stop. Drink lekker koffie en vat die pad na Robertson. Neil laat weet dat hy ons Saterdag oggend rond op n wynplaas sal raakdrink, maar sal darem laat weet wanneer hy ry uit Kaapstad. Ouboet, Leana en geselskap kan eers so by 6 uur in Robertson wees so ons moet maar solank die kamers kry tot hulle kom.  

In Robertson aangekom soek ons vir Tony op om ons kamers vir ons te gaan wys. In die pienk trein, op enkelbeddens het ons toe tot ruste gekom. Maar eers die vreeslik dors les wat ons oorval het langs die pad. So ietsie vir die honger magies en ons is reg vir Party hou. Ouboet en gesin het ons gevind en sommer dadelik was almal in die mood vir Party. Ons is toestemming gegee om op die Trein se voorstoep n lekker vuur aan te steek en daar het ons aan die kuier geraak tot baie laat. Die musiek, natuurlik meer gebasseer vir die jong klomp, het na 2 uur se kant eers opgehou maar dit het niemand baie gepla nie. Ons het almal lekker gedans en gebraai dat die honne huil. En toe raak die ys op, nerens ys in die hele trein nie, maar Nicolene maak n plan. Kom ons gaan spar toe en koop, min wetend dat Spar op hierdie klein dorpies vroeg gaan slaap, hol ons twee die pad af opsoek na n oop Spar. Natuurlik was dit nie oop nie en die enigste ander opsie was maar die Garage, daar aangekom, half verkluim die ys gekoop en terug gehol na die Trein. Nou kan ons weer verder kuier. Christo en Sandra het so stil stil verdwyn en almal het daarna vinnig gevolg. Die slapery het omtrent n ding afgegee. Ons het 2 dubbelbeddens verwag in elke kamer, maar kry toe 4 enkel beddens, 2 bo en 2 onder. Christo, Sandra, Anton en ek deel toe hierdie klein trein kompartement met groot gelag en geraas. Christo het nie op hom laat wag nie en los n nice klein geskenkie soos ons die deure toemaak vir die aand en natuurlik is almal weer wakker. n Gekloppery aan die dun mure het almal tot laat in die nag wakker gehad en dit beteken dat die musiek heel aand in die oor gesing het. Die laaste wat ek onthou voor ek aan die slaap geraak het was, Kaptein, span die Seile en met daardie seile gespan het ek die wye see ingedroom. 

Saterdag oggend: en teen 7uur was almal wakker en aangetrek en reg om die pad te vat na die wynplase. Maar eers n lekker ontbyt sodat die bewerigheid van die vorige aand se koue uit ons lywe gedryf kon word. Wimpy hier kom die Buggers, en ons het hulle oorval. 13 honger magies, maar dit was nie lank nie en almal het hul kos en koffie agter die blad. Wimpy Roberston, jul diens was absoluut uit die boonste rake, dit was lekker om daar by julle te eet. Nou vir Passport Control en dan is ons reg om te kuier. Ons koop toe sommer alles daar in Robertson en vat die pad na die 1ste plaas. Tony het vir ons n kaart gegee met al die wynplase en sommer n roete voorgestel om te ry. Die 1ste stop was op n plaas wat uitgekyk het oor n dam. Dit was baie mooi daar maar nog baie verlate ons was van die eerste gaste of proers as ek dit so kan beskryf. Ons het nie baie lank gekuier nie want daar is baie plekke vir 1 dag, so terug by die kar en weer die pad af. Bon Courrage was ons volgende stop en daar was dit vreeslik lekker. Die Blush (Sjampagne) en die Rooi Muskadel het baie gou aanklank by almal gevind. Anton se PoepBak het weer daar gestaan, net soos verlede jaar, maar dit was nie nodig om almal uit te jaag om plek te maak nie dit was nog redelik vroeg en plek was daar nog baie om rond te staan en te kuier. Later het ons so bietjie son gesoek vir hitte en buite by die tafels gaan sit. Ek het toe uiteindelik my seekos monstertjie gekry en geeet. Rita het jou gemis, maar die een was op jou. Het so gehoop vir n ou Pereltjie, maar nee wat nie hierdie keer nie. Dit was n lekker lang kuier en daarna het ons 2 ander plase besoek voor ons by Van Loveren geland het. Verlede jaar was dit n baie lekker plek om te besoek, maar hierdie jaar was die proe stalletjies weer op n heel ander plek en ons moes ver stap vir n bietjie voggies. Maar met glasies halfvol het ons die koeltebome opgesoek waar ons n oproep van Neil gekry het. Hy het so 3min na die oproep by ons aangesluit, lekker onder die koeltebome en by n klein waterspuitfonteintjie. Ons het toe nog net 1 plaas op ons lys en daar het ons sommer Brood, smere, kase en wyn gekoop en op die gras aan die eet geraak. Met almal se magies weer vol sit ons toe af na Arabella hier kuier ons altyd baie lekker en so met die aanstap van die tyd was ons net betyds vir die groot Rugby tussen Suid Afrika en Wales natuurlik onder n groot gejuig het die Bokke nie teleurgestel nie en ons is op n baie hoe noot daar weg. Terug by die Trein het ons die slegte nuus van Christo en Sandra gekry. Chris se rug was baie seer en Sandra se tone was af en met daardie nuus het hulle begin oppak om huis toe te gaan. Kotze en Nicolene moes saam ry aangesien hulle almal met een kar daar was. Ek was natuurlik baie hartseer en het toe maar moes afskeid neem. Ouboet en sy gesin het ook n stel afgetrap met die eienaar van die Trein en is ook toe later huis toe. Dit los toe net vir Anton, myself en Neil om die aand daar oor te bly. Nietemin, ons het weer gebraai op die voorstoep van die Trein en dit was baie lekker. Die aand weer lekker gaan slaap ons enkel bed en die keer was die liggaam meer gewoond om dun te slaap. Na n goeie nag se rus het Sondag ons gegroet.  

n Baie mooi, sonnige dag en na al die rekeninge betaal is, het ons gaan kos soek. Eers by Dros op die dorp, maar na langer as 30 min se wag vir n waiter net om koffie te bestel het ons maar gery. Ons het n plekkie gevind (en die naam ontglip my nou) waar ons die lekkerste Burgers op die planeet geeet het. Vir R65 het ons n Dubble Wammy bestel, n Burger Pattie op die eenkant met kaas en mushroom sous en n Chicken Snietshil op die ander kant met kaas en mushroom sous. Met chips en slaai, dit was n baie baie lekker eet en so is die naweek op n hoe noot afgesluit. Ons het vir Neil gegroet en die pad teruggevat na Melkbos. Na n bietjie nabetragting het ons besluit dat met die slaapplek wat so bietjie fout was en alles rondom die trein was die naweek n sukses. Dit was n ondervinding en alhoewel ek nie weer daar sal gaan slaap nie, was dit nie sleg nie. Dankie aan die ouens wat saamgegaan het. Dit was lekker om nog n Wacky met julle almal te deel.

Naomi

Next Run: Antons birthday party - 3 July 2010

Dit sal n bring en braai wees by die Klubhuis op die Saterdag.  Almal is baie welkom, almal wat wil kom party hou vir Anton se 47ste verjaarsdag moet my asb voor 30 Junie laat weet, vir slaaie ens se maak.

Next Run: Off road run

No information is available yet for the off road run. We are looking for a member who is willing to do the off road run for this year. If you are willing to organize this run, please contact Naomi Kleyn.

Swop Shop 

Herman Van Greunen a qualified mechanic in Goodwood will sort out your car problems. 083 253 1920 

Wild Buggers get 10% discount on all goods bought from Beetle Bits & Beam Bug. 021  696 4110. 

Biltong & Droe Wors can be bought from Kleyn Begin. Contact Naomi  082 428 9216. Or see www.kleynbegin.co.za

logo