February 2016 Newsletter
Previous Run: Room-ys Run.
‘n Baie lekker bymekaarkom vir die Room-ys run. 10 uur Sondag oggend ontmoet ons by Bothasig Sentrum. Sommer ‘n lekker klomp mense: Vernon en Karin, Christo en Sandra, Ouboet en Liana, Rhoodie en Yolandi, Mitch en tjom op hul Bikes, Jan, Emiel en Katja, Kotze en Nicolene, Corne Opperman, sy vrou en kinders het ons gejoin. Lekker om nuwe gesigte te sien. Hoop julle kom weer saam.
Ons vertrek net na 10vm van Bothasig en vat die N1 na Klapmuts. Die pad is baie warm en water was weer skaars – ai hoekom kan ek nie onthou om water in te pak nie?
Sandra het tot my redding gekom met ‘n botteltjie ys-water. Ons was genoodsaak om te stop sodat Rhoodie na sy Beach Buggy se brieke kon kyk. Die het vasgeslaan, gelukkig onder die brug. ‘n Paar club-lede bly ager om hom te help. Ons ry vir ‘n skadu-boom en wag daar vir die res van die klomp om die Beach Buggy reg te maak. Gelukkig neem dit nie te lank nie, want warm was dit vreeslik warm.
Ons ry deur Somerset Wes na die Strand waar ons daar ‘n baie welcome koel lug waai. Ek dink nie die mense in die Strand weet wat warm-kry beteken nie. Dit was heerlik koel. Ons stop toe almal in die Strand se parkeer-area en stap ‘n paar 100 meter na die beste Room-ys winkel in die Strand. Dit was net Buggers waar jy kyk in die klein winkeltjie, omtrent die plek toegestaan.
Medium is groot in hierdie plek. Die groot room-ys was heerlik. Na die room-ys uiteindelik opgeeet is stap ons so al langs die strand, in die water, terug na die buggies.
Na ‘n lekker chat onder die bome was dit tyd om te groet. Baie outjies het pad gevat in hul eie rigting, maar ‘n paar van ons het besluit om oppad terug by Pork-Belly te stop. Daar geniet meeste van ons ‘n ligte middag-ete en natuulik is die koel water-sproei ‘n heerlike verligting teen die hitte.
Moeg van warm kry en nog ‘n ver pad wat voorlê na die huis, neem ons afskeid van Ouboet en Liana wat Tulbagh toe moet ry. Shrek, Pink Floyd en Joker ry toe in convoy Kaap se kant toe. Naby Tygervallei het ‘n groot ongeluk ons genoop om om te draai en deur Durbanville huiswaarts te keer.






Shrek is nou – Gebreekte-Shrek. Enjin is nou poegaai en sy gebruik 5 blikkies olie op hierdie trippie. Gelukkig is die Klub-lede almal al goed ge-onderrig in enjin-overhauls, so hopelik is sy een van die dae weer op die been.
‘n Baie lekker, baie warm outing – ‘n dag geniet saam met great vriende. Hoop ons sien julle op die volgende run!!
To see all the photos of this run:
https://www.facebook.com/media/set/?set=a.1000047426700276.1073741901.141560805882280&type=3
Next Run: OUBOET & LIANA SE RUN. 7 FEBRUARY 2016.
Ons kry mekaar by die Engen One Stop op die N1.
TYD: 08h30 en ons vertrek om 09h00.
Dit gaan sommer ‘n chill dag wees en die wat wil braai kan braai en die wat wil picnic kan picnicgoed insit, so bring braaigoed, hout, vleis, swemklere, sonbrandolie, stoele en ietsie vir die dors en die koelte.
Die ingangsfooi is R70 per voertuig.
Hoop ons is ‘n lekker paar buggies by mekaar.
NB: Onthou ietsie vir die Raffle!!!!!
Groete.
Ouboet & Liana
SWOP SHOP
Members can advertise their business here or whatever you want to advertise here for free. Just mail me your add: anton@kleynbegin.co.za
Our Clubs preferred and recommended qualified and professional motor mechanic - from a complete engine overall to minor service and repairs. Contact Mitch Dantas 082 820 6060 (Bothasig)
Accounting Services: Personal TAX & Provisional TAX, CC's, PTY's, Books & Statements, Special letters, VAT etc. Phone Sandra 084-3589 846 or E-mail sandra@smitaccountants.co.za or see her website at www.smitaccountants.co.za
Heir of Distinction Trading in Collectable, Vintage, Antique and Rare Furniture as well as Quality 2nd Hand Solid Wood Furniture. Contact JP email: heirofdistinction@gmail.com Mobile: 083 324 5672. To see some of my merchandise: https://www.facebook.com/pages/Heir-of-Distinction/238747536322135?sk=timeline
Biltong & Droë Wors, honey, dried Fruit & Nuts can be bought from Kleyn Begin. Contact Naomi – 08 28 48 68 55. Or E-mail them at info@kleynbegin.co.za or see their website www.kleynbegin.co.za
ONLINE - SWOP SHOP
Other great Club places you can use to buy or sell your Beach Buggy or Air-cooled parts that will be viewed by 1000’s of people.
http://www.facebook.com/beachbuggyclub
Grappie grrrrr



