March 2016 Newsletter

Previous Run: OUBOET & LIANA SE RUN. 7 FEBRUARY 2016.

2016 march2016 march 

 

 

 

 

 

 

 

Dit was weer ek en mamma se beurt vir 'n run.  Hoe nader ons na die datum gekom het hoe meer het gevrees vir die hitte.  Ek het in samewerking met die Seiljagclub by Nekkies, Worcester, gereel dat ons vanaf die Engin One-Stop op die N1 oor die Du Toitskloofpas na die Seiljagclub by Brandvleidam ry en die dag daar langs die dam spandeer.

Maar………..moedernatuur wou nie saamspeel nie en Vrydagmiddag het die wind begin waai en gewaai en later stormsterkte bereik.  Die Staterdag oggend het die vrou van die Seiljag-club geskakel en gevra of ons dit nie maar 'n ander dag wil reel nie, want dit lyk rof by hulle.

Ek het vir Naomi geskakel en die situasie verduidelik en sy het onmiddelik gesê dat as ek vasdraai die klubhuis tot ons beskikking is. Die nodige reelings is getref en daar is besluit op n lekker kuierdag by die klubhuis.

En was dit 'n lekker dag. Daar daag toe 'n lekker paar buggies op, ek & mamma, Anton & Naomi, Vernon & Karin, Mitch, Jan, Christo & Sandra en 'n rooi buggy wie se name ek nie kan onthou nie.  Weet net die mense het nog vir een oomblik saam gery en die volgende oomblik het die man 'n los maag ontwikkel en hulle is huis toe. Moontlike lede, Tobie, Herman & Riana het ook die dag saam met ons geniet en JP het later by ons aangesluit. Daar is gebraai, "tee" gedrink en sommige het selfs die swembad aangedurf.

Laat middag is almal huis toe en ons op die paaie moes lekker wind vreet tot by ons bestemmings.
Dankie aan almal, selfs die name wat ek nie genoem het nie of vergeet het vir 'n lekker run.

Johan & Liana
2016 march 2016 march 2016 march 2016 march 2016 march 2016 march

To see all the photos of this run:

https://www.facebook.com/media/set/?set=a.1010866655618353.1073741902.141560805882280&type=3

Next Run:Namibia hier kom ons!!!!!

Vir die Wat saam Namibia toe gaan;
Ons kom 3 uur op Saterdag oggend by die clubhouse bymekaar om so teen 4 uur  te ry. Met ontbyt langs die pad iewers kan ons teen 12 uur  by die grenspos wees. Die eerste kampplek is 18 km verder. Onthou asb al die papier werk vir jouself jou kar en jou kinders.
Groete
Jan
SWOP SHOP

Members can advertise their business here or whatever you want to advertise here for free. Just mail me your add: anton@kleynbegin.co.za

Our Clubs preferred and recommended qualified and professional motor mechanic - from a complete engine overall to minor service and repairs. Contact Mitch Dantas 082 820 6060 (Bothasig)

Accounting Services: Personal TAX & Provisional TAX, CC's, PTY's, Books & Statements, Special letters, VAT etc. Phone Sandra 084-3589 846 or E-mail sandra@smitaccountants.co.za or see her website at www.smitaccountants.co.za

Heir of Distinction Trading in Collectable, Vintage, Antique and Rare Furniture as well as Quality 2nd Hand Solid Wood Furniture. Contact JP email: heirofdistinction@gmail.com  Mobile: 083 324 5672. To see some of my merchandise:   https://www.facebook.com/pages/Heir-of-Distinction/238747536322135?sk=timeline

Biltong & Droë Wors, honey, dried Fruit & Nuts can be bought from Kleyn Begin. Contact Naomi – 08 28 48 68 55. Or E-mail them at info@kleynbegin.co.za or see their website www.kleynbegin.co.za

2016 marchONLINE - SWOP SHOP

Other great Club places you can use to buy or sell your Beach Buggy or Air-cooled parts that will be viewed by 1000’s of people.

http://www.facebook.com/beachbuggyclub

Grappie grrrrr

Een jaar koop ek vir my skoonma 'n plot in die begraafplaas vir haar verjaarsdag. Die volgende jaar koop ek niks. Toe sy wil weet waar's haar geskenk sê ek: "Maar ma het dan nog nie eens laasjaar s'n gebruik nie?"
EN TOE BAKLEI ONS!

My vrou en ek kyk "Who Wants To Be A Millionaire" in die bed. Ek draai na haar en vra: "Wil jy liefde maak?" Sy sê nee. "Is daai jou "final answer?"  Sy sê ja. "Then I'd like to phone a friend!" sê ek toe... EN TOE BAKLEI ONS!

By ons hoërskoolreunie kyk my vrou kort kort vir 'n dronk ou wat alleen by 'n tafel sit en drink. Ken jy hom? vra ek "Ja", sug sy. "Hy's my ou kerel. Hy het blykbaar begin drink net nadat ons destyds uitmekaar is, en sedertdien nog nie opgehou nie." "Magtag" sê ek, "Wie sou nou kon dink dat hy dit so lank sou vier?" EN TOE BAKLEI ONS!

My vrou sit langs my terwyl ek kanale wissel op die tellie. Sy vra: "Wat is op die TV?" Ek se: "Stof" EN TOE BAKLEI ONS!

Saterdagoggend vroeg op.Wil gaan visvang maar toe ek uit die garage ry sous dit behoorlik. Ek sit die motorradio aan en hoor op die weervoorspelling dat dit heel naweek gaan storm. Ek sluip toe maar terug in die huis in. Kruip styf agter mammie se blad in en fluister: "Die weer is bitter sleg daarbuite." "Ja," antwoord sy, "en om te dink my simpel man het in die weer gaan visvang." EN TOE BAKLEI ONS!

Sy skimp dat sy iets blink, wat 0 tot 200 in 3 sekondes haal, vir ons huweliksherdenking wil hê. Toe koop ek vir haar 'n badkamerskaal. EN TOE BAKLEI ONS!

My vrou staan kaal voor die spieël. Sy hou nie van wat sy sien nie, "Ek is oud en vet en vol selluliet en plooie. Ek het 'n compliment nodig." Smeek sy. "Toe antwoord ek: "Daar's niks met jou oë verkeerd nie skat!"
ONS HET TOE NIE BAKLEI NIE -  Maar ek sukkel nog bietjie om te praat.

Toe ons grassnyer breek hou my vrou aan kerm en kla dat ek die ding moet laat regmaak. Maar ek is 'n besige man en daar is net altyd belangriker goed om te doen. Soos rugby en krieket op die tellie. My boot wat moet reggemaak word. Visvang ens...  Tot sy eendag slim word en probeer om haar punt te maak. Toe ek by die huis kom is sy besig om die gras met haar kombuissker te knip. Ek het lank na die poging staan en kyk. Toe gaan haal ek maar 'n tandeborsel en sê vir haar: "As jy klaar is kan jy sommer die oprit ook vee." Die dokter sê ek sal weer kan loop, maar gaan 'n permanente waggel in my stappie hê.

logo